Beskrywing:
Wenner van die Alba Bouwer prys vir Kinderliteratuur (2013)
In hierdie tweede titel in die reeks probeer Admiraal Atoom se agterbakse kollega, Uranus Draak, die Aarde se magnetiese pole skuif in ‘n poging om die yskappe van smelting te red. Maar is dit regtig wat hy beplan, of probeer hy steeds om die probleem van oorbevolking met die grootskaalse uitwissing van mense op te los?
Hierdie verhaal is ’n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ‘n sterk “groen” boodskap.
Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met ’n heerlike sin vir humor.
Hierdie is die tweede in ‘n reeks van drie boeke. Die derde en laaste titels word vir Julie 2012 beplan.
Beskikbaar by