Beskrywing:

In hierdie derde boek in die gewilde reeks is daar natuurlik weer ’n moord. Meer as een!

Mevrou Smit vind ’n skelet wat deur stormwater oopgespoel word. Juanita van die toeristekantoor beplan ’n historiese filmfees op die dorp, maar die ou films ontbloot ongure gebeure in Aronspoort se verlede. Wie sou kon raai dat oom Apie op sy dag ook ’n filmster was? En was sy dood werklik as gevolg van natuurlike oorsake, of het hy ’n geheim bewaar wat ten alle koste stilgehou mos word?

Die verlede haal die hede in, en daar is nog ’n moord.

’n Séance, ’n fortuinverteller en ’n kok met ’n wrok kom belemmer mevrou Smit se vrede. En dit terwyl dit lyk asof die ding tussen haar en dokter Tomas dalk uiteindelik vlam kan vat!

Mevrou Smit het haar eie reëls vir “goeie gedrag”, en Aronspoort sal nooit weer dieselfde wees nie

Beskikbaar by:

Amazon

Loot ZA

Wordsworth