Die tweede Speurhond Willem omnibus is hier

Die tweede Speurhond Willem omnibus is nou op die rak.

In hierdie lekker dik boek is daar drie avonture. Die eerste is Speurhond Willem in die ruimte. Willem hoor dat Boris, ‘n ruimte-hond, alleen vasgekeer is op die Internasionale Ruimtestasie. Hy moet haar gaan red! Maar hy gaan nêrens sonder Adriaan nie. Kort voor lank word die twee in ‘n vuurpyl opgeskiet. ‘n Nare verassing wag op hulle, want Brummel, Willem se ou aardvyand, het die ruimtestasie gesaboteer. Boonop vind Adriaan uit dat Boris ‘n wyfie hond is, en dat Willem smoor verlief is op haar!

In die tweede storie word Willem sowaar aangewys as die mooiste hond in Suid Afrika. Hy en Adriaan gaan na New York om aan ‘n internasionale hondeskou deel te neem. Maar wie het Fifi, die Broadway ster, ontvoer?

Die derde avontuur speel af in ons buurland, Namibië. Diamante verdwyn uit die spergebied, en Willem moet ‘n ander beroemde speurhond, Max, gaan help om die boewe te vang.
Geniet die drie stories. Wie weet waar hy en Adriaan hul volgende avontuur gaan beleef?

 

Beskikbaar by

 

Loot

Takealot

Exclusive Books

Graffiti Boeke