Beskrywing

Die aartsskelm Brummel is weer op vrye voet, en op die spoor van 'n sampioen wat in die Amasone groei en glo 'n wonderkrag het: die mens wat dit eet, raak net slimmer en slimmer. Die avonturier William Travis wil dit eerste vind, maar vir weke het niemand van hom gehoor nie. Het die oerwoud hom ingesluk? Dis immers vol gevare: anakondas, poemas, krokodille . . . Brummel besluit hy't hulp nodig, en wie beter om aan sy kant te kry as die slimste hond op Aarde? Maar Willem maak nie 'n gewoonte daarvan om saam met boewe te werk nie. Hy moet Brummel eers oortuig hy's aan sy kant, en so beland Adriaan ook in Manaus, die poort na die Amasone. Gelukkig het hulle vir Tito as gids en die apie Gonzales om hulle te help. Want die laaste ding wat die internasionale boewewêreld nodig het, is dat Brummel nog slimmer en sluwer word as wat die geslepe ou skelm reeds is.

Beskikbaar by

Grafitti boeke

Wordsworth