Biografie
Elizabeth Wasserman is gebore in Klerksdorp in 1964. Sy het grootgeword in Koppies, iewers in die Vrystaat. Sy is die skrywer van die gewilde reekse Speurhond Willem, Dingesfabriek, Anna Atoom, Kattemaai (onder die skryfnaam Betsie Vos), en die reis-avontuur reeks Elf dae vir tieners. “Die fantastiese mevrou Smit” is haar eerste roman vir volwassenes. Haar werk is reeds bekroon met die MER-prys vir geïllustreerde kinderliteratuur, ’n ATKV-Woordveertjie en ’n prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Elizabeth wou van kleins af skryf maar het besluit om eers iets te kry om oor te skryf, en daarom het sy medies gaan studeer aan die Universiteit van die Vrystaat. Later het sy gespesialiseer aan Stellenbsoch Universiteit. Sy het ’n liefde vir leer en om ander te help leer, en was op ’n stadium hoof van Geneeskundige Mikrobiologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het ook gepraktiseer as patoloog in privaatpraktyk.
Elizabeth stel intens belang in die natuur en die wetenskap, en beskou dit as uiters belangrik dat ons moet verstaan hoe die wêreld werk sodat ons alles en almal met meer respek kan hanteer.
Sy is tans aan die swerf terwyl sy verder skryf.
Biography
Elizabeth Wasserman was born in Klersdorp, 1964. She grew up in Koppies, somewhere in the Free State, in South Africa. She is the author of the popular Dogtective and Anna Atom series, and Dingesfabriek, Kattemaai (published under the name Betsie Vos) and the “Elf dae” series of travel adventures for young adults, published in Afrikaans. “Die fantastiese mevrou Smit” is her first novel for adults. Her work achieved the MER-prize for illustrated children’s literature, an ATKV “Woordveertjie” and an award by the South African Academy for Science and Arts.
As a child she wanted to become a writer but decided it was best to first get some experiences to write about. She studied medicine at Free State University, and later specialized in Medical Microbiology at Stellenbosch University. She loves to learn and to teach and for some years she was the head of Medical Microbiology at Stellenbosch University before moving to private practice as a pathologist.
Elizabeth believes that one must develop a better understanding of science and nature in order to treat our ecosystem, and each other, with care and respect.
She is currently travelling while she continues to write.