Beskrywing:

Frances se nuwe stiefma Helene is ’n mode­ontwerper; haar kaste vol hoëhakskoene en perfekte grimering in skerp teenstelling met Frances se vae herinneringe aan haar eie ma: kaalvoetpieknieks in die buitelug, speletjies en kuiers op haar oom se plaas. Boonop het Helene ’n dogter, vier jaar ouer as Frances, en dié Amie is ’n opgradering van haar ma se mode­sagteware. Frances en Helene gaan kuier in New York vir Amie, vir bietjie “bonding”. Op die koop toe wil Helene haar nuwe reeks eko­vriendelike handsakke by ‘n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld  mos joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die argitektuur en die park in die middel van die stad; sy lief die worsrolletjies wat mens sommer so op straat koop en die New Yorkers se skurwe selfvoldaanheid. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af, sy kry ‘n model-hond om op te pas, en boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer. Sy moet ‘n plan maak om haar nuwe familie te red.

Beskikbaar by