Beskrywing:
Wanneer Danika na ‘n eiland in die middel van die Indiese Oseaan gestuur word om weg te kom van ‘n familie skandaal, loop sy haarself in ‘n avontuur vas wat haar wildste verwagtinge oortref.
Dit is nie sommer net nog ‘n tropiese eiland nie: op Cousin werk ‘n span wetenskaplikes om bedreigde voëlspesies te bewaar, en daar is geen teken van luukse hotelle en swembaddens nie. En sommer met die intrapslag raak sy bewus van ‘n komplot: ‘n skatryk sjeik beplan om die eiland te bekom, en hy het geen belang in voëls of skaars karetskilpaaie nie. Boonop is daar Alex, een van die bewaarders se seun, om haar lewe verder deurmekaar te krap. En dit terwyl sy ‘n pa moet leer ken wat die afgelope sestien jaar glad nie deel was van haar lewe nie . . .
Beskikbaar by