Beskrywing:

Willem en Adriaan word gestuur na Japan om die toekoms van dié land se kinders, en moontlik alle kinders die hele wêreld oor, te red.

Rekenaars en robotte raak mos al hoe slimmer, en Willem en sy span moet bewys dat regte kinders steeds meer vernuftig is. Vermom as karakters in 'n gewilde manga strokiesprent, moet hulle die robot kinders oorwin. Dit is 'n kompetisie wat hulle neem na allerhande vreemde plekke. Hulle kruis swaarde met sumu-stoeiers, virtuele drake, en hulle moet kopkrap om moeilike raaisels vinnig op te los.

Japan is 'n opwindende land, waar die mense eienaardige gewoontes het en snaakse kos eet. Daar is 'n paar ou vriende wat hulle help, en nuwe vyande om te oorwin.

 

Beskikbaar by

loot.co.za