Beskrywing:
Die oomblik toe mevrou Smit in Arumspoort aankom loop haar planne skeef. Haar eerste nag in die dorp slaap sy in die polisieselle. En toe sy die volgende dag by haar nuwe huis instap, kry sy ʼn lyk op die kombuisvloer.
Mevrou Smit wonder of sy die eintlike slagoffer moes wees. Sy besluit om sake in eie hande te neem, want geduldig was sy nog nooit nie, en sy wil alles so gou moontlik uitstryk sodat sy haar nuwe lewe in rus en vrede kan aanpak. Maar in haar soektog na die moordenaar begin sy krap op al die verkeerde plekke. Die dorp se sterftesyfer styg. Oral peul skandes uit. Dit maak haar nie juis gewild nie, en haar skerp tong ontsê selfs nie die dokter met die mooi blou oë nie.
Want sien, Mevrou Smit is ʼn vrou met ʼn donker verlede. Sy is nie heeltemal wat sy voorgee om te wees nie. As die polisie te lank krap, kom hulle dalk op háár spoke af. En dit mag nie gebeur nie.
Beskikbaar by