Beskrywing:

Die nege lewens van mevrou Smit is die heerlike opvolg van die gewilde Die fantastiese mevrou Smit, die eerste boek in hierdie lekkerlees spanningsreeks.

Aronspoort hou bruilof en die dorp bewe van opwinding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met mevrou Smit in die omtrek nie!

Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar blou-oog aanstaande (die dorp se dokter) vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer.

Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so 'n verskriklike ding op so 'n heuglike dag doen?

Boonop loop die dorp onder 'n reeks boewery deur.

Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red

Beskikbaar by

Graffiti Boeke

Loot

Wordsworth

Exclusive Books

Takealot

Amazon