Beskrywing

Het mevrou Smit en haar dokter Tomas uiteindelik die knoop deurgehaak?

Al wat sy wil wees, is doodgewoon. Maar ’n oproep van iemand uit haar verlede dreig om haar nuwe lewe te verwoes. Tomas weet steeds nie wie sy werklik is nie. Wat gaan hy sê as hy uitvind? ’n Ou vriend van haar gewese man probeer ’n ooreenkoms tussen mevrou Smit en die polisie beredder om die uitbreiding van die Kaapse onderwêreld te stuit, in ruil vir haar veiligheid. Dinge loop skeef, en mevrou Smit moet bontstaan om te keer dat meer bloed vloei

Beskikbaar by

Wordsworth

Graffiti Boeke

Kindle Books