Amsterdam is ‘n wonderlike stad, en boonop propvol geskiedenis en stories. Millie, die middelste kind van vyf, word deur haar ouers na Amsterdam gestuur as geselskap vir haar tante na ‘n heupoperasie. Sy sien uit na ‘n blaaskans, dalk selfs ‘n bietjie rus en vrede. Maar voor sy vertrek stop haar ma ‘n ou dagboek in haar hande, geskryf deur haar ouma toe sy as jong meisie vasgekeer was in Europa in die tyd van die Tweede Wêreldoorlog. Millie se dae in Amsterdam raak ‘n speurtog om die geheime van die verlede, en vandag, te probeer ontrafel.
DIE NUWE BOEK IN DIE “ELF DAE” REEKS IS HIER!
posted in: Nuus / News
Leave a Reply