Speurhond Willem is weer doenig, en later die jaar word “Speurhond Willem in Australië” gepubliseer. Wat het Willem doer onder aangevang? In hierdie Willem avontuur ontmoet ons ook Willem se vlytigste seun, Sherlock. Sherlock is op sy eie sending in Australië, maar het hy dalk besluit dat die boewe-wêreld meer pret is as die gereg?
Willem moet gaan kyk wat sy spruit aanvang, en Adriaan streep weer agterna.
Nuut in die Elf dae reeks: “Elf dae in New York“. Getrou aan hierdie stories van sestienjariges se avonture op ver en vreemde plekke, moet die heldin in hierdie verhaal ‘n raaisel oplos, ‘n skelm vang en die guns van haar nuwe stiefma en stiefsuster probeer terugwen. Want na dit wat sy aangevang het op haar pa se troue met die mode-ikoon Helene le Grange, is Frances diep in die skuld by almal. Asof New York nie genoeg uitdagings bied nie!
Elf dae in New York is Oktober op die rakke.
Leave a Reply