Elizabeth se eerste storie vir volwassenes “Die fantastiese mevrou Smit”, is nou op die rak. Dit is ‘n “cosy mystery”, of ‘n knussie, soos party mense sê.
As jy in hierdie dae van beurtkrag en ander ellendes iets nodig het om jou op te beur, lees hierdie boek.
Mevrou Smit tref met die intrapslag op haar nuwe dorp ‘n lyk op haar kombuisvloer aan, en die verassings hou nie daar op nie. Sy het haar eie geheime, en sy gaan nie toelaat dat die bemoeisieke dorpenaars haar lewe verder deurmekaar krap nie!
Christine Verster
Hier kom vreemde versoek. Is die hond saam op foto in Huisgenoot (23/03/2023) ‘n retriever? My ma erg op soek na curley retriever, maar hul is in effek onverkrygbaar. Sy sal kontakbesonderhede van iemand wat retrievers teel, baie waardeer.
Hierdie is ‘n genuine versoek, regtig nie ‘n grap nie.
Elizabeth Wasserman
Hallo Christine
Vreemder as jou versoek is die feit dat ek nou eers hierdie boodskap van jou kry.
Hopelik het jou ma reeds ‘n retriever gevind.
Speurhond Willem was ‘n “Blue Roan English Cocker Spaniel”.
Vriendelike groete
Elizabeth
Karen Lippert
Liewe Elizabeth
Baie baie dankie vir hierdie prettige en op ‘n snaakse manier spanningsvolle boek.
Ek het die boek by ‘n vriendin geleen. My man kon nie verstaan dat ek eerder gelees het as om bv. met ‘n goeie vriend oor die telefoon te gesels nie. Hy het sy beurt na my gekry en dieselfde get met hom gebeur 😄! Ek het sopas gesien jy het nog ‘n boek vir volwassenes geskryf – ek kan nie wag nie!
Ek het ook netnou na jou onderhoud met Mia oor Speurhond Willem geluister.
Ons kleindogters se Kerspersent is nou maklik 😊💕! Weereens baie dankie!
Mag jy nog baie jare van lekker-skryf geniet!
Groete!
Elizabeth Wasserman
Hallo Karen
Jou boodskap het vir meer as ‘n jaar in ‘n spam-filter vasgesteek iewers agter in my webwerf se ratte. Nou kry ek dit eers!
Dankie, dit is altyd goed om te hoor die boeke bring plesier.
‘n Nuwe Speurhond Willem is op pad, en ook ‘n nuwe mevrou Smit.
Lekker lees!
Elizabeth
Mari
Kan ons asseblief nog ‘n storie vir volwassenes kry? Ek was mal oor mevrou Smit en veral haar houding. Ons het meer mevrou Smitte nodig en definitief meer boeke oor haar!
Lank laas ‘n boek so geniet, dankie!
Elizabeth Wasserman
Hallo Mari
Die derde mevrou Smit is binnekort op die rak.
Groete
Elizabeth