‘n Splinternuwe Speurhond Willem Avontuur!

posted in: Nuus / News

“Speurhond Willem in die Amasone” is binnekort op die rakke.

Hierdie negende boek in die gewilde Speurhond Willem reeks bevat alles wat ons al van hierdie stories verwag: dit is propvol aksie en avontuur, en natuurlik ook humor!

Geniet Willem op sy beste, en leer sommer ook heelwat oor die Amasone en die bedreigings wat die oerwoud en sy diere deesdae moet trotseer.

Lekker lees.

2 Responses

  1. Ruth Moller
    | Reply

    Hoekom is dit so moeilik om Boeke in die hande te kry. Ek het weke gewag vir ‘n antwoord toe ek Willem die speurhond in Parys wou bestel.Hulle kan nie die boek in die hande kry nie. Dit laat ‘n mens moedeloos.

    • Elizabeth Wasserman
      | Reply

      Hallo Ruth
      Jammer – jou boodskap het by die webwerf se admin vasgehaak en ek kry dit nou eers.
      Ek hoop jy kon intussen al van die Willems opspoor. Op my webwerf is daar is skakels lanks elke boek waar jy dit elektronies kan bestel, byvoorbeeld by Takealot. Wordsworth en Exclusive Books het gewoonlik van my boeke op die rak.
      Ek is nie persoonlik betrokke by verkope nie – ek fokus op die skryfwerk.
      Vriendelike groete
      Elizabeth

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *