Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag

posted in: Nuus / News

Die derde boek in die gewilde “Mevrou Smit” reeks is binnekort op die rak.

Natuurlik is daar weer ’n moord. Meer as een!

Die eerste raaisel is ’n skelet wat deur stormwater oopgespoel word. Juanita van die toeristekantoor beplan ’n historiese filmfees op die dorp, maar die ou films ontbloot ongure gebeure in Aronspoort se verlede. Wie sou kon raai dat oom Apie op sy jdag ook ’n filmster was? En was sy dood werklik as gevolg van natuurlike oorsake, of het hy ’n geheim bewaar wat ten alle koste stilgehou mos word?

Die verlede haal die hede in, en daar is nog ’n moord.

’n Séance, ’n fortuinverteller en ’n kok met ’n wrok kom belemmer mevrou Smit se vrede. En dit terwyl dit lyk asof die ding tussen haar en dokter Tomas dalk uiteindelik vlam kan vat!

Mevrou Smit het haar eie reëls vir “goeie gedrag”, en Aronspoort sal nooit weer dieselfde wees nie.

Lekker lees!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *