Die derde boek in die gewilde “Mevrou Smit” reeks is binnekort op die rak.
Natuurlik is daar weer ’n moord. Meer as een!
Die eerste raaisel is ’n skelet wat deur stormwater oopgespoel word. Juanita van die toeristekantoor beplan ’n historiese filmfees op die dorp, maar die ou films ontbloot ongure gebeure in Aronspoort se verlede. Wie sou kon raai dat oom Apie op sy jdag ook ’n filmster was? En was sy dood werklik as gevolg van natuurlike oorsake, of het hy ’n geheim bewaar wat ten alle koste stilgehou mos word?
Die verlede haal die hede in, en daar is nog ’n moord.
’n Séance, ’n fortuinverteller en ’n kok met ’n wrok kom belemmer mevrou Smit se vrede. En dit terwyl dit lyk asof die ding tussen haar en dokter Tomas dalk uiteindelik vlam kan vat!
Mevrou Smit het haar eie reëls vir “goeie gedrag”, en Aronspoort sal nooit weer dieselfde wees nie.
Lekker lees!
Isabel
Hi daar ek het di eerste twee boeke geniet lekker leestof Dat ek ni boeke kon neersit ni dankie nogmaals
Elizabeth Wasserman
Dankie vir die positiewe kommentaar. Dit word waardeer, al neem ek so lank om daarop te reageer!
Die vierdie boek is binnekort op die rak.
Anton Pretorius
Ek is 63jr oud en het bitter min gelees in my jonger dae. Maar na ek Die Fantasties Mev Smit op RSG gehoor het het ek besluit om die boeke te koop. Ek kan nie wag vir No4 en 5 nie!! 😉
Elizabeth Wasserman
Jammer vir die laat antwoord. Ek was besig met nommer vier! Dit sal vroeg in Maart op die rak wees en ek belowe dit is volstoom mevrou Smit.