Speurhond Willem in die Amasone

Speurhond Willem in die Amasone is Adriaan en Willem se negende avontuur as geheime agente van die Internasionale Speurdiens.

Adriaan sien nie juis uit na die skoolvakansie nie. Hulle moet ‘n geografie-taak doen oor die Amasone. Maar voor hy “anakonda” kan sê, is hy en Willem nader aan die oerwoud as hulle ooit kon raai, met ‘n geslepe ou vyand op hulle spoor . . .

DIE AVONTURE VAN SPEURHOND WILLEM: 1STE OMNIBUS

Nou op die rak by jou gunsteling boekwinkel, of skaf dit aanlyn aan deur op een van die skakels hierbo te kliek. Drie-in-een! Die eerste avonture van Willem en Adriaan is saamgegooi in hierdie lekkerlees-bundel, weer geïlustreer deur Chris Venter. Vir self-lees of saam-lees: ons twee onverskrokke helde toer eers deur Europa, …

DIE TWEEDE SPEURHOND WILLEM OMNIBUS IS HIER!

Die tweede Speurhond Willem omnibus is nou op die rak. In hierdie lekker dik boek is daar drie avonture. Die eerste is Speurhond Willem in die ruimte. Willem hoor dat Boris, ‘n ruimte-hond, alleen vasgekeer is op die Internasionale Ruimtestasie. Hy moet haar gaan red! Maar hy gaan nêrens sonder Adriaan …

SPEURHOND WILLEM OP REIS

Adriaan is ‘n valerige seun en nie uitermate goed in enigiets nie. Sy hond, Willem, is ‘n ander storie! Hy’s eintlik ‘n speurhond, ‘n superspesiale geheime agent-hond. Dit vind Adriaan uit toe Willem hom doodluiters een oggend inlig dat hy ‘n krat moet regkry sodat hulle daarin na Istanbul ge-“koerier” …

SPEURHOND WILLEM EN DIE SEEROWERS

In die tweede boek van die reeks, wen Adriaan se ma ’n reis op ’n passasierskip teen die Ooskus van Afrika op. Willem gaan saam – versteek in Adriaan se rugsak. Toe seerowers die skip en al die passasiers naby Madagaskar gyselaar neem is dit Willem wat tot die redding kom. Hy’t …

SPEURHOND WILLEM EN DIE WILDDIEWE

Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam! Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle dié keer op eie bodem doenig: in die Bosveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die …

SPEURHOND WILLEM IN DIE RUIMTE

Na hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle dié keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie! Voor jy kan sê “gespikkelde spanjoel” is Willem en Adriaan op pad Baikonoer toe; in Kazakhstan, vanwaar hulle in ‘n Sojoes-ruimtetuig …

SPEURHOND WILLEM IN NEW YORK

Speurhond Willem en sy huismens Adriaan het in 2010 die eerste keer saam gaan reis: via Istanboel tot in Amsterdam, Parys en uiteindelik Londen. Daarna volg avonture op ‘n passasierskip in die Indiese Oseaan, op ‘n wildplaas in die Bosveld en via Kazakstan al die pad na die Internasionale Ruimtestasie. In …

SPEURHOND WILLEM EN DIE DIAMANTDIEWE

In een van Namibië se grootste diamantmyne het diefstal van die gesogte blink klippies in ‘n groot probleem ontaard. Maar wie beter as Willem en Adriaan om die land se eie speurhond, Maximiliaan, te gaan help om die kwaaddoeners vas te trek?

SPEURHOND WILLEM IN AUSTRALIË

Waar is Willem? Willem het pad gevat en Adriaan by die huis gelos. Wat het Willem gaan doen wat so dringend en belangrik kan wees? Adriaan doen ‘n bietjie speurwerk en kom op die spoor van Sherlock, Willem se oudste seun wat ook opgelei is om ‘n Internasionale Polisie-hond te wees. Sherlock …

SPEURHOND WILLEM IN SKOTLAND

In Skotland is daar ’n pragtige ou kasteel. Hoofkommissaris Servin wil dit in ’n boetiek-hotel omskep, maar ’n spook wat doedelsak speel, laat al die gaste verkas. Boonop is daar ’n aantal bankrowe in die omgewing. Is dit dalk die handewerk van die Bandy-boeties en hul geniepsige sussie, Penny? Die beste …